Planet Baobab is nie ‘n nuwe planeet in ons sonnestelsel nie – dit moet een van die heel oorspronklikste plekke wees waar jy kan tuisgaan wanneer jy die Makgadikgadi-panne besoek.
Probeer bietjie iets anders: as jy oppad is na die Makgadikgadi-panne in Botswana, sluit Planet Baobab naby Gweta Town op jou reisplan in.
Hierdie reeks panne is die oorblyfsels van ‘n reuse binnelandse see uit die oertyd. Die tong-in-die-kies lodge Planet Baobab is op die rant van die Ntwetwe-pan geleë, op die Maun–Francistown-roete naby Gweta Town, in Botswana.
Die akkommodasie by Planet Baobab is waarlik oorspronklik, en weerspieël die tradisionele boumetodes van die oorspronklike inwoners van die Makgadikgadi-soutpanne in Botswana. Jy kan kies tussen ‘n tradisionele Bakalanga-hut van modder en ‘n tradisionele grashut wat gebou is soos wat die Boesmans dit altyd gedoen het.
Omdat albei hierdie soorte hutte by Planet Baobab van natuurlike materiale gebou is wat inheems is aan die Makgadikgadi-gebied in Botswana, word die binnetemperatuur van die hutte perfek beheer sonder die gebruik van lugversorgers.
Die Bakalanga-modderhutte is en suite en toegerus met linne. Die interieur van hierdie hutte wys vir jou waaroor Planet Baobab gaan: egte kreatiwiteit. Die mure is bedek met koeimis, volgens die tradisionele Botswana-styl, en versier met kuns wat met natuurlike pigmente wat in die talle termiethope in die omgewing aangetref word, gemaak is.
Die tradisionele grashutte by Planet Baobab is volgens die metodes van die Boesmans van Botswana gebou, wat die eerste inwoners van die Makgadigadistreek was. Die hutte is nie en suite nie, maar jy is gewaarborg van ‘n aand se heerlike, gemaklike slaap op ‘n tradisionele bed van mopanie en koeivel (twee enkelbeddens). As jy ‘n bietjie bang voel vir die donker, sal jy bly wees oor die paraffienlampie. As jy egter in jou eie tent wil slaap, is daar lieflike skaduryke kampeerplekke by Planet Baobab, elk met ‘n braaiplek en gedeelde badkamergeriewe.
Die Kalahari Surf Club by Planet Baobab verleen ‘n nuwe dimensie aan die begrip “branderplankry”. Jy sal nou nie enige 10-voet branders by hierdie klub op die Makgadikgadi-panne aantref nie – slegs groot oop ruimtes en vierwielmotorfietse (“quad bikes”) vir die rit van jou lewe! Geniet hierna die betowerende sonsondergang van Botswana voordat jy aansit vir ‘n braai in die maanlig. Wanneer jy nou nie meer jou oë kan oophou nie, gaan kruip in in die tradisionele bed-rol terwyl die sterre van Afrika die wag hou. Dit is mos die lewe!
Die shebeen by Planet Baobab wys waaroor tradisionele Afrika-gasvryheid gaan. Luister na die avontuurverhale van die ander gaste terwyl jy heerlik ontspan op ‘n leunstoel van koeivel of ‘n tradisionele kgotla-stoel – yskoue bier in die hand. Die enorme kandelaar, gemaak van bierbottels, is nogal iets om te aanskou.
Versailles ontmoet Botswana! Luister na die klanke van die Makgadikgadi terwyl jy jou aandete langs die kampvuur of onder die reuse maroelaboom geniet. As jy op soek is na nog dinge om te sien, is die opelug-hof in Gweta Town baie interessant. Proe gerus ook die plaaslike tradisionele sorghumbier. Soos ‘n mens sou verwag van ‘n gebied met ‘n oeroue geologiese geskiedenis soos die Makgadikgadi, bevat die area om Planet Baobab talle klipwerktuie van prehistoriese tydperke. Die bekende Fossielpan bevat ook talle fossieloorblyfsels.